Skilpad

Skilpaaie
Tydperk: 157–0 m. jaar gelede
Terrapene carolina bauri
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Orde:
Testudines

Linnaeus, 1758
Subordes[1]

Skilpaaie (Testudines) is 'n orde van viervoetige reptiele met 'n stewige (en dikwels bolvormige) skild (of dop).

Skilpaaie kom in verskillende groottes en kleure voor, en hulle lewenswyses verskil drasties (see- en landskilpaaie). Tog is dit, as gevolg van die uitwendige skild, altyd maklik om hulle van ander reptiele te onderskei.

Alle skilpaaie het 'n beenagtige skild onder die maag (plastron), sowel as op die rug (die karapaks). Die skild het gewoonlik 'n tweede laag pantser, wat die horingskild genoem word. Die rugskild (bo) en die buikskild (onder) is deur 'n beenagtige brug aan weerskante van die liggaam met mekaar verbind.

Skilpaaie plant gewoonlik jaarliks voort en is sonder uitsondering eierlêend.[2] Hulle groei vinnig as hulle jonk is, maar ontwikkel baie stadig. Van die groter skilpaaie bereik eers na dekades volwassenheid, hierdie spesies kan egter ook baie oud word. Afhangende van die spesie bestaan hulle dieet uit dier- en plantmateriaal.

Daar is ongeveer 340 verskillende spesies skilpaaie, wat in 14 families ingedeel word.[3] Hulle kom oor die hele wêreld in uiteenlopende biotope voor, insluitend woude, grasvelde, vleie en die see. Dosyne spesies is as gevolg van menslike aktiwiteit ernstig bedreigd, hoofsaaklik as gevolg van die vernietiging van hul habitat en die vang van wilde skilpaaie vir verbruik of die dierehandel.

Die biologiese orde waaraan hulle behoort, Testudines, sluit beide lewende en uitgestorwe spesies in. Die oudste fossiele dateer ongeveer 220 miljoen jaar terug.[4] Dit maak skilpaaie een van die oudste oorlewende reptiele op aarde, selfs ouer as akkedisse, slange en krokodille.

  1. Wikispecies- Testudines
  2. Grzimek, Bernhard (1971). Het leven der dieren deel VI: Reptielen. Kindler Verlag AG. ISBN 90 274 8626 3.
  3. Amphibiaweb – How many species – Website
  4. "Archelon-Enchanted Learning Software" (in Engels). Enchantedlearning.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2019. Besoek op 14 Maart 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search